Alabama Avontuur bied aan: Staptoer in Kapadokya (Turkye) – Okt'09
In Oktober gaan ons na Anatolia in Turkye toer. Kom stap gerus saam deur die pragtige feetjie landskap van Kapadokya, waar die vroeë Christen-gelowiges hul kerkies uit die sandsteen heuweltjies gekerf het en die aller-mooiste skilderye van Jesus en sy volgelinge in die grotte geverf het. Hier ontdek ons die warm gasvryheid van Turkye in ons avontuur om die geskiedkundige plekkies saam te ontdek, terwyl ons lekker deur die beeldskone klowe stap, winskopies uitsnuffel en saans die plaaslike mense se kultuur en eetgoedjies met hulle nuttig.
Ons toer begin in Istanbul (wat voorheen Konstantinopel genoem was) waar ons twee dae lank die stad besigtig, en dan vlieg ons na Kayseri in Kapadokya waar ons in 'n grot-hotel sal tuisgaan. Die dorpie Goreme lê in die hartjie van ons stapgebied, en is 'n goeie plekkie om 'n pragtige persiese mat teen 'n billike prys op te tel, of miskien 'n effens-kleiner vloer-kussing wat in dieselfde styl as die matte geweef is. Die uitsigte in Goreme is asemrowend mooi, die mense is rustig en die strate is stil in die aande. Die staproete word begelei deur gesoute Turkse staptoerleiers en is baie maklik, maar u moet gesond wees en kinders is welkom. Oktober is 'n lekker tyd vir stap, want die somer is dan op sy einde maar die dae is nog lekker warm. Ons stap slegs 4 dae uit die 10, terwyl ons dan ons lyf toeris hou op die ander 6 dae... en daar is ook lekker bykomende uitstappies van te kies, soos byvoor- beeld die warm-lug ballon rit hoog bo die vallei van die Feetjie Skoorstene in Goreme. (Op die ander bladsy is fotos om te bekyk.) Die hotelle is drie of vier ster, die 2-bed kamers word gedeel met 'n ander persoon. Ons sal nuttige wenke na u stuur met aanduiding van kosgeld en sakgeld.
Die toerprys vir 10 dae is € 1252 insluitende verblyf, museum ingangsgelde, staproetes, en binnelandse vlugte tussen Istanbul en Kayseri.
U oorsese vliegkaartjie is nie by die toerprys ingesluit nie. Die toerprys sluit ook maaltye uit, wat ons by plaaslike restaurante en eetplekkies langs ons roetes sal koop. Beplan dus ongeveer €25-30 per dag vir etes en drankies. Die warm-lug ballon uitstappie is 'n bykomende onkoste van €150. Vir hierdie toer vereis ons ten minste 15 persone, daarom vra ons dat u vroeg bespreek. Besprekings moet teen 10 Augustus tenvolle betaal word sodat ons met die hotelle en toergidse kan bevestig. Bespreek asb eerste u vlugkaartjie na Istanbul voordat u met ons bevestig. 'n Visum kan maklik by die lughawe in Istanbul verkry word teen €15.
Kontak ons by epos adres alabama.avontuur [at] gmail.com of skakel Tanja op 002783-3254527.
2 Comments:
Alabama Avontuur
bied aan: Staptoer in Kapadokya (Turkye) – Okt'09
In Oktober gaan ons na Anatolia in Turkye toer. Kom stap gerus saam deur die pragtige feetjie landskap van Kapadokya, waar die vroeë Christen-gelowiges hul kerkies uit die sandsteen heuweltjies gekerf het en die aller-mooiste skilderye van Jesus en sy volgelinge in die grotte geverf het. Hier ontdek ons die warm gasvryheid van Turkye in ons avontuur om die geskiedkundige plekkies saam te ontdek, terwyl ons lekker deur die beeldskone klowe stap, winskopies uitsnuffel en saans die plaaslike mense se kultuur en eetgoedjies met hulle nuttig.
Ons toer begin in Istanbul (wat voorheen Konstantinopel genoem was) waar ons twee dae lank die stad besigtig, en dan vlieg ons na Kayseri in Kapadokya waar ons in 'n grot-hotel sal tuisgaan. Die dorpie Goreme lê in die hartjie van ons stapgebied, en is 'n goeie plekkie om 'n pragtige persiese mat teen 'n billike prys op te tel, of miskien 'n effens-kleiner vloer-kussing wat in dieselfde styl as die matte geweef is. Die uitsigte in Goreme is asemrowend mooi, die mense is rustig en die strate is stil in die aande.
Die staproete word begelei deur gesoute Turkse staptoerleiers en is baie maklik, maar u moet gesond wees en kinders is welkom. Oktober is 'n lekker tyd vir stap, want die somer is dan op sy einde maar die dae is nog lekker warm. Ons stap slegs 4 dae uit die 10, terwyl ons dan ons lyf toeris hou op die ander 6 dae... en daar is ook lekker bykomende uitstappies van te kies, soos byvoor- beeld die warm-lug ballon rit hoog bo die vallei van die Feetjie Skoorstene in Goreme. (Op die ander bladsy is fotos om te bekyk.) Die hotelle is drie of vier ster, die 2-bed kamers word gedeel met 'n ander persoon. Ons sal nuttige wenke na u stuur met aanduiding van kosgeld en sakgeld.
Die toerprys vir 10 dae is € 1252 insluitende verblyf, museum ingangsgelde, staproetes, en binnelandse vlugte tussen Istanbul en Kayseri.
U oorsese vliegkaartjie is nie by die toerprys ingesluit nie. Die toerprys sluit ook maaltye uit, wat ons by plaaslike restaurante en eetplekkies langs ons roetes sal koop. Beplan dus ongeveer €25-30 per dag vir etes en drankies. Die warm-lug ballon uitstappie is 'n bykomende onkoste van €150. Vir hierdie toer vereis ons ten minste 15 persone, daarom vra ons dat u vroeg bespreek. Besprekings moet teen 10 Augustus tenvolle betaal word sodat ons met die hotelle en toergidse kan bevestig. Bespreek asb eerste u vlugkaartjie na Istanbul voordat u met ons bevestig. 'n Visum kan maklik by die lughawe in Istanbul verkry word teen €15.
Kontak ons by epos adres alabama.avontuur [at] gmail.com of skakel Tanja op 002783-3254527.
Fotos - http://alabama-avontuur.blogspot.com/
Post a Comment
<< Home