SA Events Abroad

SA Communities Abroad

SA Embassies & Consulates

Visas for South Africans


Email us
Email Us

Banner Advertising

List your business on slapchips

South Africans Promoting South Africans

South African Businesses in the USA
USA

South African Businesses in Canada
CANADA

South African Businesses in Ireland
IRELAND

South African Businesses in Europe
EUROPE

South African Businesses in Australia
AUSTRALIA

 

South African News
South Africa Communities Abroad

New Zealand

Events


Afrikaanse Vroue-Ontbyt 2006

Vir die heel eerste keer 'n Afrikaanse Vroue-Ontbyt in NS. Dit beloof om 'n heerlike oggend te wees met vele verrassings, geborgde pryse  -  o a 'n SARIE-tydskrif intekenprys  -  en geskenke vir elkeen! Kom geniet 'n egte buitelug plaasontbyt met sjampanje in 'n pragtige tuin op 18 Maart 2006 te Hawthorne Dene Historical House, Howick. Slegs $25 pp. Beperkte getal kaartjies is beskikbaar. Skakel Ilze Beukes by 09 534 0731 of e-pos na beukes5@xtra.co.nz. Dames, stof die lagspiere af en wees voorbereid op 'n groot bederf!

Suid-Afrikaner skopboks in Henderson

Eerskomende naweek, op 5 Maart, veg ‘n oud-Suid-Afrikaanse wêreldkampioen-bokser in ‘n skopbokstoernooi in The Trusts Stadium, Henderson in Waitakere City.  Francois "The White Buffalo" Botha sal teen Nieu-Seeland se eie K-1 superster, Ray "Sugarfoot" Sefo te staan kom.  Hierdie is die eerste K-1 Grand Prix-byeenkoms wat in Nieu-Seeland gehou word met 'n lewendige TV-uitsending na Japan en 100 ander lande. Francois was voorheen die IBF se swaargewig wêreldkampioen-bokser en het 52 professionele boksgevegte agter die blad.  Daarna het hy na K-1-skopboks oorgeskakel. Die promoters van die skopboks-toernooi skryf soos volg: "Franciois is now based in South Africia and trains in Steve's boxing gym. He has been kickboxing for many years now and featured in the K-1 World Grand Prix Tokyo Dome final. I am sure he would appreciate some support from his fellow country men and women."  Francois se geveg behoort in die omgewing van 2:30 te begin.

Kerssangdiens – Die Afrikaanse Christenkerk van Nieu-Seeland

Soos in die verlede beloof Die Afrikaanse Kerk van Nieu-Seeland (Auckland gemeente) se jaarlikse Kerssangdiens om ‘n baie besondere geleentheid vir Afrikaanssprekendes te wees. Almal wat Afrikaans verstaan word hartlik uitgenooi om die diens by te woon op Sondag 18 Desember 2005 om 10:00 in die Elliott Saal van St Kentigern College, 130 Pakuranga Road, Pakuranga. Na afloop van die Kerssangdiens is daar ‘n piekniek op die gronde van die College. Bring dus jou piekniekmandjie saam

Wellington - SAIW se Jaareindfunksie

Die SAIW hou 'n Kersboom - Boeresport - Dans as jaareindfunskie op Saterdag 17 Desember 2005 om 5 nm by Petone Central School 16 Britannia Street, Petone, Lower Hutt.

Program: 5 nm - Boeresport. Speletjies en toutrekspanne. 6 nm - Boere braai op ‘n charcoal braaier. Gratis pap, sous, aartappelslaai, koffie en tee. Bring asb eie drinkgoed, eetgerei en vleis. Vleispakkies sal te koop wees, asook ander SA produkte soos fudge, koeldrank en vele meer. 7 nm - Musiek vir die dansers (95% Afrikaans). 8 nm sing Adi, ons plaaslike talent. Daar is baie pryse deur die loop van die aand. 9 nm sal Adi en die kinders vir Kersvader roep om geskenke uit te deel. Bring ‘n klein geskenkie vir jou kind saam met sy/haar naam duidelik daarop geskryf. 10 nm - Dans tot laat.

Toegang: $15 per persoon - $10 skoo kinders 15 en ouer - $5 kinders 14 en jonger - $40 hele gesin. Toegang sluit alle kostes in vir die hele geleentheid asook die boeresport. Volledige besonderhede op www.saiw.org.nz of skakel 04 460 3262 (kantoor ure) - 021 769 110 (na ure) of e-pos na springbok@paradise.net

Oujaarsaand Braai en Dans in Rotorua

Die Southern African Club van Rotorua se Oujaarsdans en Braai vind by die Hollandse Klub, Neil Hunt Park, Tarawera Road, plaas vanaf 7:00 nm vir 7:30 nm en hou aan tot die volgende jaar! Op die spyskaart is daar Boerewors, steak en pap en ook slaai, nagereg, koeksisters, tee en koffie. 'n Kontantkroeg sal vir die dors sorg en musiek word goedgunsiglik verskaf deur 'n "DJ" van die Hollandse Klub. Kaartjies is nou reeds beskikbaar teen $20 vir volwassenes, $10 vir kinders van 5 tot 12 en gratis vir onder 5's. Skakel Margriet by 347 7211 of e-pos na theronm@yahoo.com, Ina by 347 0251 of Pieter by 348 279 of pos jou tjek uitgemaak aan die SA Club of Rotorua na Margriet Theron, 29A Matipo Avenue, Rotorua

Kersfunksie in Tauranga

Donderdag 22 Desember 2005 in die Rowing Club, Memorial Park (ingang van Devonport Laan). Dit begin om 18:00 met ‘n Kerssangdiens gelei deur dr Jaco Reyneke met begeleiding deur Dewald Kritzinger en daarna volg ‘n aand se heerlike ontspanning, vermaak en ‘n saamkuier-ete. Lees onder Dagboek: Tauranga meer oor die volledige program van die aand se verrigtinge en wat jy alles moet saambring. Bevestig by Poppie Engelbrecht - 07 552 4900, Dulcie Nel - 07 541 1174 (na-ure) of e-pos na saklubtauranga@hotmail.com indien jy gaan bywoon, of vir meer inligting

Afrikaanse Klub bied binnekort ons Oujaarsdans aan!

Vanjaar se Oujaarsdans – wat soos gewoonlik deur Die Afrikaanse Klub van NS aangebied word – sal vanjaar weer in die Browns Bay Primary School se skoolsaal plaasvind. Dit is deur Riaan Gerber, die Klub se sosiale organiseerder en Bestuurskomiteelid, bevestig.

Die Afrikaanse Klub nooi alle dansliefhebbers uit om hierdie heerlike, gesellige en ontspanne gesinsaand van skoffel op bekende klanke sal dagboek. Dit is ons geleentheid waar gesinne en paartjies van alle ouderdomme kan kom langarm of ruk-en-pluk op die breë verskeidenheid musiek met baie bekende klanke.

Die opbrengs van die dans sal onder andere aangewend word vir die “With a View to the Future”-projek (die groot uitbreidingsprojek van die Auckland-Museum) waarvoor gesamentlik namens Suid-Afrikaanse immigrante fondse ingesamel word deur SANZ, Die Afrikaanse Klub van NS en die Rainbow Nation Supporters Club. Hierdie doelwit was ook van krag tydens die vorige dans wat die Klub aangebied het en tydens die afgelope KiwiKasie.

Datum: Saterdag, 31 Desember 2005
Tyd: Sal nog bekend gemaak word
Plek: Browns Bay Primary School, Masterton Road, Browns Bay, Auckland
Kos: Bring eie eet- en drinkgoed.
Toegang: Nie-lede van Die Afrikaanse Klub: $10 / volwassene; $5 / skoolkind (Jonger gratis)
Lede van Die Afrikaanse Klub: $5 per volwassene; kinders gratis.
Drag: So informeel moontlik!
Navrae: Riaan Gerber, by ilra@xtra.co.nz
Opbrengs: Die “With a View to the Future”-projek (die groot uitbreidingsprojek van die Auckland-Museum) waarvoor gesamentlik namens Suid-Afrikaanse immigrante fondse ingesamel word deur SANZ, Die Afrikaanse Klub van NS en die Rainbow Nation Supporters Club.

Bring jou gesin na Die Afrikaanse Klub se Oujaarsdans:

Onthou om Die Afrikaanse Klub se jaarlikse Oujaarsdans te dagboek. Ja, dit gebeur natuurlik op OUJAARSDAG! (Met ander woorde, Saterdag, 31 Desember!) Die besonderhede verskyn onder “Klubadvertensies”.

Die opbrengs van die dans sal onder andere aangewend word vir die “With a View to the Future”-projek (die groot uitbreidingsprojek van die Auckland-Museum) waarvoor gesamentlik namens Suid-Afrikaanse immigrante fondse ingesamel word deur SANZ, Die Afrikaanse Klub van NS en die Rainbow Nation Supporters Club.

Whakatane:

Suid Afrikaanse Sokkiejol. Kopeopeo, Whakatane.
Kontak Maretha 312 3166 of Dina 312 4025 na ure vir inligting.

Christchurch:
A social get-together on the first Friday of every month
Contact: Rosanne Hawarden on (03) 366 2664.

North Shore
A function to welcome recently arrived migrants from
South Africa and Zimbabwe is held monthly in
Takapuna on the North Shore.
Guests meet representatives of reputable recruitment
firms and network with established migrants from the
"old" countries. Attendance is free.

These events are sponsored by THE PROTEA HOUR -
the bilingual radio voice of South Africans living in
Auckland, broadcasting @ 14:55 every Sunday on
104.6FM.

Contact Jan Coetsee on 021 153 4418
or e-mail: kiwi-sa.directory@xtra.co.nz

Auckland:
Social Pub Meeting at the pub above Portofinos, cnr
Pattison Ave and Tamaki Dr, Mission Bay every last
Friday of the month at 5:30pm.
Contact: Michael Gray on (09) 520 1308


Auckland
Die Protea-Uur – South African Radio in Auckland
Each Sunday from 14.55 on Kom 104.6 Planet FM.
Contact Jan Coetsee 021 153 4418 for more info

Classifieds

Accountant
David Gordon B.Acc(Natal) BA(hons),CA.
Phone (09) 414 6105, Fax (09)41 50971

Quality Boerewors in West Auckland
Our spices make the difference We get it from
Standerton and we buy specific cuts of meat for a
consistent quality product.
Whenuapai Friendly Butchery, 87 Brighams Creek Road
at the base of the airport runway.ph 416.8764

Hamilton - Dentist
Dr. Henk Eksteen, Tandarts: Hamilton
Tel: (07) 839 4116 E-pos: a_eksteen@xtra.co.nz


Avroy Shlain Cosmetics
Call Dawn Engelbrecht
Phone (09) 274-1722 / 025-291-9904 Fax (09) 274-1783

Auckland - Orthodontist
Jim Pretorious B.Ch.D.M.Ch.D (Pret) -
North Shore Medical Centre,326 Sunset Road,
Mairangi Bay, Auckland 10 .
Phone Surgery: 09 479 7963

Arts and Crafts at Fabric Fantasy
Fabric Painted articles, also made to order.
Classes in Fabric Painting - held at Spotlight
(Hamilton) Craft Studio.
Contact Tinka Mushett: Mobile - 021 722-922;
Studio - (07) 838-3160 or email
tinka.mushett@xtra.co.nz

Auckland - Obstetrician & Gynaecologist
Dr Stephen Kruger,
Artemis Centre, 2 Pupuke Road, Takapuna, Auckland.
Phone for an appointment.
(09) 486 6382,(09)486 3146.

Auckland - Printers
BKM Print is a thriving growing print company with
competitive prices and exceptional service.
For business or a just friendly SA hello call us on
(09)476 7980 or fax (09) 476 7981.
We take pride in supporting South African businesses,
come on guys lets keep up the trend.
Kurt and Marcelle Johnston - marcelle@bkmprint.co.nz

Auckland - North Shore - Automotive Repairs
Northshore Auto Repairs - Mechanical & Auto Electrical
Specialists
- 132 Sunnybrae Rd, Glenfield Auckland
Hrs : 0730 - 1730 Mon - Fri; 0800-1200 Saturdays
- Contact : Brian Carr - Tel. 09 4448861 / 0256844355

Auckland – Dental Surgeon
Raymond Abel - B.D.S (WITS)
Birkenhead Dental Surgery, 8 Mokoia Road, Birkenhead,
Auckland Phone: 480 9720

Auckland – Electrician
Bamp Electrical Ltd in Mairangi Bay, Auckland.
Call Peter Liebenberg at (09) 473 7541


Computer Training
Computer training for everyone! From beginner to
experienced Afrikaans or English. One-on-one training
means personal attention in your own home with a
qualified trainer. Applications include Microsoft Office
Word, Excel, Outlook, PowerPoint, FrontPage, Visio,
Access, Project, Macromedia Dreamweaver &
Fireworks. All the courses are customized according to
your needs. $45 per hour.
Ph: 021 129 0199 or leonie007@slingshot.co.nz


Action Panelbeaters
All Insurance and general body repairs undertaken.
All repairs done in-house using the Carbench Chassis
repair system and Panda Spraybooth and Bake oven.
Contact Keith van Rooy 09 444 8851 or 0211 665 815


Personal & Business Coach
"If we do not Change Direction, we are liable to End Up
where we are Headed". In Partnership with your
Personal or Business Coach, you Can unlock your Full
Potential, Realise your Dreams, and Achieve the things
you never thought possible. Stop procrastinating and
start your Journey today towards being Successful and
truly Satisfied in your Work, Life and Relationships.
Call Hennie now on 09 489 2733 for your Free
Introductory Coaching Session


PC Fixit Rekenaardienste
Ons bou rekenaars volgens u vereistes, installeer
netwerke, doen opgraderings en herstelwerk by u huis
of kantoor regoor Auckland.
Skakel Juanita of Philip Coetzee by (09) 271 2441
of 0800PCFixit.
E-pos: info@pcfixit.co.nz


Potjiejol
Nasionale Potjiekos Kampioenskap.
Napier.
Kontak Johann Oosthuizen by (06) 877 00 55


Hamilton : Afrikaanse Christenkerk van NS
Afrikaanse eredienste elke Sondag om 09:00 in die
Wesley Methodiste Kerk (h/v Heaphy Tce en Bittina Rd,
Fairfield), Sondagskool direk daarna in die kerk.
Kontak ds Johan Hendricks
by 07 843 7186 of johanh@slingshot.co.nz

Howick, AKL: Afrikaanse Christenkerk van NS
Kerkdiens by die Bucklands Beach Primary Scool 107
Clovelly Road Bucklands Beach.
www.afrchristenkerk.co.nz .
Gemeente bedien deur ds. Gawie Cloete en
ds. Johan Lötter.
Kontak: ds Johan e-pos:liezel@xtra.co.nz
tel. 279 3842 / sel. 021 258 5847


North Shore, AKL: Afrikaanse Christenkerk van Nieu-Seeland
09.30 Gebou v.d. Sewendedag-Adventiste Kerk,
40 Bronzewing Tce, Unsworth Heights.
Gemeente bedien deur Ds.Gawie Cloete en
ds. Johan Lötter.
Kontak: Ds Gawie tel. 473 3384/ sel. 025 238 9323
e-pos:GawieCloete@xtra.co.nz


Pukekohe: Afrikaanse Christenkerk van Nieu-Seeland
Eredienste vind plaas elke laaste Sondag van die
maand om 7nm in die gebou van die Reformed Church
op die hoek van Seddon- & Victoriastraat.
Navrae by Johan van Vuuren : 09-239-2353 of
0274793104.


Tauranga - Afrikaanse kerkdiens
Afrikaanse kerkdiens elke EERSTE en DERDE Sondag
van die maand om 18h00, St Enochs Presbiteriaanse
Kerk, 16de Laan, Tauranga.
Kontak Dawie by tel:(huis) 07-544 0414,
Tel:(kantoor) 07-578 3040 of e-pos:
david@stenoch.co.nz


Wellington (TAWA): Reformed Church of Kapiti-Mana
Linden Social Centre, Linden Ave., Tawa. Tyd: Sondag,
10:00.
Navrae aan dr. Jan Lion-Cachet. Tel (04) 905 6239
E-pos: janlc@paradise.net.nz


Windsor Park Baptist Church – Afrikaanse Diens
Afrikaanse erediens in kontemporêre styl
Aangebied deur Windsor Park Baptist Church elke
Sondag om 10 vm by East Coast Bays
Rugby and Cricket Clubhouse, Windsor Park Centre,
550 East Coast Road, Mairangi Bay, North Shore.
Kontak Chris & Monica Lee by (09) 476.3985 (na-ure)
(09) 476.3986 (faks) 021 044 8725 (sel)
of e-pos southafricankiwi@xtra.co.nz vir enige navrae.

Auckland – Sewing Machine Repair
121 Carlisle Road, Browns Bay, Auckland
Call Rudie Gouws at (09) 478 3096

Auckland – Panelbeater
Action Panelbeaters, Glenfield, Auckland –
Call Keith at (09) 444 8851

Auckland - Industrial Psychologist
Charl Crous N.Dip (Police Mgt) BA (Political Sc) H.BA,
MA (Industrial Psych)
Telephone 029 966 7758

Reformed Church of Kapiti-Mana
Linden Social Centre, Linden Ave., Tawa.
Tyd: Sondag, 10:00. Die gemeente van die
Reformed Church van Kapiti-Mana nooi u en u gesin
hartlik uit na ons Afrikaanse erediens elke Sondag om
10:00. Die doel van die gemeente is om die Woord van
die Here te bring aan Afrikaanssprekendes wat nog nie
by 'n kerk in die omgewing van Wellington en die
Kapiti Coast ingeskakel het nie, of wat pas uit
Suid Afrika hier aangekom het. Navrae kan gerig word
aan dr. Jan Lion-Cachet.
Tel (04) 905 6239 / E-pos: janlc@paradise.net.nz

Back to Top